+27 82 854 4139 / toverberg1@gmail.com
English| Afrikaans
Toverberg-Stoetery | Toverberg Merino's

Toverberg Merino's

Die Merinostoet

Abraham kom oorspronklik van Venterstad af, maar met die bou van die Gariepdam is hulle familieplaas in 1962 onteien. Die familie is tradisioneel Merinoboere en Abraham bedryf sedert 1962 al sy Merinostoet.

Een van die grootste slagysters vir 'n stoetteler is dat jy voer koop eerder as genetiese potensiaal. Sogenaamde byvoeding vir beter prestasie het beslis nadele.

"Ek glo in diere wat aangepas is by hul omgewing. Ons boer in 'n ekstensiewe gebied waar skape op die veld moet kan oorleef en produseer. Daarom is dit by my 'n beginselsaak dat ek nie byvoeding gee nie. My lampersentasies, sonder die tweelinge, lê altyd tussen 97% en 98%, ekstensief, sonder enige voer. Ek help wel my tweelinge op groenvoer."

Die Ideale Merino

"Is in die eerste plek aangepas en nie van die koöperasie afhanklik vir oorlewing nie. Tweedens streef ek na balans tussen vleis- en woleienskappe met 'n mikrongemiddeld van rondom 20. Met té fyn wol boet jy vleiseienskappe in. Ek dink dat ek in hierdie stadium van my lewe 'n redelike idee het van die eienskappe wat vir my op my plaas werk.

Seleksiedruk, glo ek, is die heel belangrikste vereiste vir 'n natuurlik aangepaste skaap of bees, maar daar is een belangrike voorwaarde hiervoor: die boer se oog moet reg wees.

Na al die dekades in die boerdery glo ek dat daar twee dinge is wat by wolskape tel en dit is tipe en veldbestuur. 'n Dier moet sonder enige byvoeding op die veld presteer."

 

Suksesvolle teling staan op twee pilare - voorkoms & genetiese agtergrond.