+27 82 854 4139 / toverberg1@gmail.com
English| Afrikaans
Toverberg-Stoetery | Toverberg Simmentaler-stoet

Toverberg Simmentaler-stoet

"Ek het die Toverberg Simmentaler-stoetery in 1965 begin toe ek Simmentaler-beeste uit Namibië ingevoer het. In 1970 reis ek na Duitsland en voer 8 verse en 1 bul in. Op daardie stadium het Duitsland die beste dubbeldoel-Simmentalers in die wêreld geteel. In 1972 is ek terug Duitsland toe en voer nog Simmentaler-teelvoorraad in. Op daardie stadium het ek met K.I. begin en die beste bul genetika in Duitsland gebruik.

In 1998 ontmoet ek vir Ron Nolan van BAR 5 op die Pretoria Nasionale Skou. Hierdie ontmoeting het my lewe verander. Ons het 'n gesamentlike onderneming begin waar ek die beste koeie in Suid-Afrika moes identifiseer en koop. BAR 5 het vir die koeie betaal. Dit was my verantwoordelikheid om die beste bulmateriaal te bekom en die beste kombinasie van bul- en koei-genetika te pas. In 2001, na 36 jaar van teling, verkoop ek my stoetery en fokus daarna net op die gesamentlike onderneming met Ron.

Ek het toe net 'n handjievol noukeurig geselekteerde teelkoeie bestuur. Die koeie wat gebruik is het elkeen 'n uitstekende, beproefde rekord gebaseer op baie prestasie-aangeteken nageslag gehad, wat die akkuraatheid van teelwaardes verseker het.

Die koeie was verkry en gekoop, teen groot koste, van voorstaande telers uit die hele Suider-Afrika. Hierdie teelkoeie was in 'n groep bedryf onder die streng reëlings wat nodig is vir gereelde inseminasie en spoel van embrios ses keer per jaar.

Die gesamentlike onderneming het in 2012 tot 'n einde gekom. Ek het toe met die eksklusiewe genetika wat uit die onderneming tot stand gekom het voortgegaan en pluk steeds die vrugte daarvan.

Lees meer oor ons Koninginbye hier.


UITVERKOPING
DAGBOEK DIE DATUM

90 Wêreldklas Simmentalers op Aanbod

13 Maart 2024 | 11:00
Plaas Rietfonteinpoort, Colesberg
See more...

DISPERSAL SALE
SAVE THE DATE

90 World Class Simmentalers on Offer

13 March 2024 | 11:00
Farm Rietfonteinpoort, Colesberg
See more...

Toverberg Sonstraal AK135 & Kalf

Toverberg Griet AK1210

Gunzel Balaika TG9810 & Paula AK127

Toverberg Gretel

Toverberg Rennie

Toverberg Fritz

 

Suksesvolle teling staan op twee pilare - voorkoms & genetiese agtergrond.